Gepubliseer: 30 Julie, 2024
Effektief: 30 September 2024
Hierdie bepalings ("Bepalings") dek die gebruik van daardie Microsoft verbruikersprodukte, -webwerwe en -dienste wat aan die einde van hierdie Bepalings hier (http://approjects.co.za/?big=servicesagreement#serviceslist) (die "Dienste"). U aanvaar hierdie Bepalings deur ’n Microsoft-rekening te skep, deur u gebruik van die Dienste, of deur aan te hou om die Dienste te gebruik nadat u in kennis gestel is van ’n verandering in hierdie Bepalings.
1. U Privaatheid. U privaatheid is vir ons belangrik. Lees asseblief die Microsoft-privaatheidstelling (https://go.microsoft.com/fwlink/?LinkId=521839) (die "Privaatheidstelling") wat die tipes data beskryf wat ons van u en u toestelle versamel ("Data"), hoe ons u data gebruik, en die regsbasis waarvolgens ons u data moet verwerk. Die Privaatheidstelling beskryf ook hoe Microsoft jou inhoud gebruik, wat jou kommunikasie met andere is; plasings wat deur jou via die Dienste na Microsoft gestuur is; en die lêers, foto’s, dokumente, klank, digitale werke, lewende stromings en video’s wat jy oplaai, stoor, uitsaai, skep, genereer of bekend maak via die dienste, of enige imputte wat jy maak om inhoud te skep (“Jou inhoud”). In gevalle waar verwerking gebaseer is op toestemming en in soverre die wet dit toelaat, stem u in tot Microsoft se versameling, gebruik en bekendmaking van u inhoud en data soos beskryf in die Privaatheidstelling. In sommige gevalle sal ons afsonderlik kennis gee en u toestemming vra soos waarna in die Privaatheidstelling verwys word.
2. U Inhoud. Baie van ons Dienste stel u in staat om u Inhoud te skep, berg of te deel, of om materiaal van ander te ontvang. Ons maak nie aanspraak op eienaarskap van u Inhoud nie. U Inhoud bly u s´n en u is verantwoordelik daarvoor.
3. Gedragskode. Jy is toerekenbaar vir jou optrede en inhoud terwyl jy van die Dienste gebruik maak.
4. Gebruik van die Dienste en Steun.
5. Gebruik van Derdepartytoepassings en -dienste. Die Dienste kan u moontlik toelaat om toegang te verkry tot produkte, dienste, webwerwe, skakels, inhoud, materiaal, speletjies, vaardighede, integrasies, botte of toepassings van onafhanklike derde partye (maatskappye of mense wat nie Microsoft is nie) (“Derdepartytoepassings en -dienste”). Baie van ons Dienste help u ook om Derdepartytoepassings en -dienste te vind, versoeke daaraan te rig of daarmee te kommunikeer, of stel u in staat om U Inhoud of Data met sulkes te deel. U begryp dat, deur van ons Dienste gebruik te maak, u hulle aanwys om Derdepartytoepassings en -dienste aan u beskikbaar te stel. Die Derdepartytoepassings en -dienste kan u moontlik ook toelaat of vereis om U Inhoud of Data by die uitgewer, verskaffer of operateur van die Derdepartytoepassings en -dienste te berg. Die Derdepartytoepassings en -dienste kan moontlik ’n privaatheidsbeleid aan u voorhou, of vereis dat u hul bepalings moet aanvaar voordat u die Derdepartytoepassing of -diens kan installeer of gebruik. Verwys na afdeling 13.b vir bykomende bepalings vir toepassings wat deur sekere Winkels verkry word wat deur Microsoft of hul geaffilieerdes besit of bedryf word (waaronder onder andere die Office-Winkel, Microsoft Store op Xbox en die Microsoft Store op Windows). U moet die derdepartybepalings en -privaatheidsbeleide nagaan voordat u enige Derdepartytoepassings en -dienste verkry, gebruik, versoek, of aan u Microsoft-rekening koppel. Geen derdepartybepalings wysig hierdie Bepalings nie. Microsoft lisensieer nie enige intellektuele eiendom aan u as deel van enige Derdepartytoepassings of -dienste nie. U stem in om alle risiko en aanspreeklikheid wat uit u gebruik van hierdie Derdepartytoepassings en -dienste spruit te aanvaar, en dat Microsoft nie verantwoordelik is vir enige kwessies wat uit u gebruik daarvan voortspruit nie. Microsoft is nie verantwoordelik of aanspreeklik teenoor u of enigiemand anders vir inligting of dienste wat deur enige Derdepartytoepassings of -dienste verskaf word nie.
6. Diensbeskikbaarheid.
7. Bywerkings aan die Dienste of Sagteware, en Veranderings aan Hierdie Bepalings.
8. Sagtewarelisensie. Enige sagteware wat deur ons aan u verleen word as deel van die Dienste is onderworpe aan hierdie bepalings, tensy dit vergesel word van ’n afsonderlike Microsoft-lisensieooreenkoms (byvoorbeeld, indien u ’n Microsoft-toepassing gebruik wat ingesluit is by en ’n deel is van Windows, dan geld die Microsoft-programmatuurlisensiebepalings vir die Windows-bedryfstelsel vir sodanige sagteware). Toepassings wat via sekere winkels verkry word wat deur Microsoft of hul geaffilieerdes besit of bedryf word (waaronder onder andere die Office-winkel, Microsoft Store op Windows en Microsoft Store op Xbox) is onderworpe aan afdeling 13.b.i hier onder.
9. Betalingsvoorwaardes. Indien u 'n Diens koop, geld hierdie betaalbepalings vir u aankoop en u stem daartoe in.
10. Kontrakterende Entiteit, Wetskeuse en Plek vir Geskilbeslegting. Wat u gebruik van gratis en betaalde Skype-gemerkte Verbruikersdienste betref, indien u buite Europa, die Midde-Ooste en Afrika woon, verwys alle vermeldings van “Microsoft” in hierdie Bepalings na Skype-Kommunikasies S.à.r.l, 23 – 29 Rives de Clausen, L-2165 Luxemburg, en sluit u kontrak met hulle, tensy anders gestipuleer hieronder. Vir gratis of betaalde Skype-gemerkte Verbruikersdienste, indien u buite Europa, die Midde-Ooste en Afrika woon, word die vertolking van hierdie bepalings en eise vir die oortreding daarvan volgens Luxemburgse wetgewing gereël, ongeag van teenstrydige regsbeginsels. Alle ander eise (insluitend eise oor verbruikersbeskerming, onbillike mededinging en delikte eise) is onderhewig aan die wette van die provinsie of land waar u woon. Indien u buite Europa, die Midde-Ooste en Afrika woon, stem u en ons onherroeplik in tot die eksklusiewe jurisdiksie en plek van die Luxemburgse howe vir alle geskille wat voortspruit uit of verband hou met die Skype-gemerkte Verbruikersdienste. Wat alle ander Dienste betref, verskyn die entiteit met wie u ’n ooreenkoms sluit, die bepalende wet en die plek vir geskilbeslegting hier onder:
U plaaslike verbruikerswette kan moontlik vereis dat sekere plaaslike wette bepalend moet wees, of kan u die reg gee om ten spyte van hierdie Bepalings dispute op 'n ander platform te besleg. Indien wel, geld die keuse van wet en platform in afdeling 10 soveel as wat plaaslike verbruikerswette dit toelaat.
11. Waarborge.
U is ook geregtig daarop om vir groot foute ’n terugbetaling of vervanging te kies. Indien ’n fout met die goedere of ’n diens nie ’n groot fout is nie, is u daarop geregtig dat die fout binne ’n redelike tyd reggestel word. Indien dit nie gedoen word nie, is u geregtig op terugbetaling vir die goedere en om die dienskontrak te kanselleer en terugbetaling van enige ongebruikte gedeelte te verkry. U is ook daarop geregtig om vergoed te word vir enige ander redelike voorsienbare verlies of skade weens ’n fout in die goedere of diens.
12. Beperking van Aanspreeklikheid.
13. Diensverwante Bepalings. Die bepalings voor en ná afdeling 13 geld vir alle Dienste in die algemeen. Hierdie afdeling bevat diensverwante bepalings wat by die algemene bepalings gevoeg is. Hierdie diensverwante bepalings geld indien daar enige konflik met die algemene bepalings bestaan.
14. Allerlei. Hierdie artikel en artikels 1, 9 (vir bedrae aangegaan voor die einde van hierdie bepalings), 10, 11, 12, 15, 17 en dit wat volgens hul bepalings geld nadat hierdie bepalings tot ’n einde kom, bly van krag ná enige beëindiging of kansellasie van hierdie bepalings. In die mate wat toepaslike wetgewing dit toelaat, kan ons te eniger tyd, in geheel of gedeeltelik, hierdie Bepalings toewys, ons verpligtinge ingevolge hierdie Bepalings uitkontrakteer, of ons regte ingevolge hierdie Bepalings sublisensieer sonder om u kennis te gee. U mag nie hierdie Bepalings toewys of enige regte om die Dienste te gebruik oordra nie. Hierdie is die hele ooreenkoms tussen u en Microsoft vir u gebruik van die Dienste. Dit vervang enige vorige ooreenkomste tussen u en Microsoft oor u gebruik van die Dienste. U het nie op enige verklaring, stelling, waarborg, begrip, onderneming, belofte of versekering – buiten dit wat uitdruklik in hierdie Bepalings uiteengesit word – staatgemaak toe u tot hierdie Bepalings ingestem het nie. Alle dele van hierdie Bepalings geld in die maksimum mate wat deur toepaslike wetgewing toegelaat word. Indien 'n hof of arbiter bevind dat ons 'n deel van hierdie Bepalings nie kan afdwing soos wat dit geskryf is nie, kan ons daardie bepalings met soortgelyke bepalings vervang in die mate wat dit ingevolge toepaslike wetgewing afdwingbaar is, sonder dat die res van hierdie Bepalings verander. Hierdie Bepalings is uitsluitlik vir u en ons voordeel. Hierdie Bepalings bestaan nie tot enige ander persoon se voordeel, behalwe Microsoft se opvolgers en regverkryers s'n, nie. Afdelings se opskrifte is slegs vir verwysingsdoeleindes en het geen uitwerking in die reg nie.
15. Eise Moet Binne Een Jaar Ingedien Word. Enige eis wat verband hou met hierdie Bepalings of die Dienste moet binne ’n jaar vandat die eis die eerste keer ingedien kan word by ’n hof (of vir arbitrasie, indien afdeling 10.d geld) ingedien word, tensy u plaaslike wetgewing ’n langer indientydperk vereis. As dit nie binne daardie tyd ingedien word nie, word dit permanent uitgesluit.
16. Uitvoerwette. U moet voldoen aan alle binnelandse en internasionale uitvoerwette en -regulasies wat vir die sagteware en/of die Dienste geld, wat beperkings op bestemmings, eindgebruikers en eindgebruik insluit. Vir verdere inligting oor geografiese en uitvoerbeperkings, besoek en http://approjects.co.za/?big=exporting.
17. Behoud van Regte en Terugvoer. Behalwe soos uitdruklik ingevolge hierdie Bepalings gestel word, ken Microsoft nie ’n lisensie of enige ander regte aan u toe ingevolge enige patente, kundighede, kopieregte, handelsgeheime, handelsmerke of ander intellektuele eiendom wat deur Microsoft of enige verwante entiteit besit of beheer word nie, waaronder onder meer enige naam, handelsdrag, logo of ekwivalente daarvan. Indien u enige idee, aanbieding, voorstel of terugvoering aan Microsoft gee, waaronder onder andere idees vir nuwe produkte, tegnologieë, promosies, produkname, produkterugvoer en produkverbeterings (“Terugvoer”), gee u aan Microsoft, sonder koste, tantieme of ander verpligtinge teenoor u, die reg om met u terugvoer afgeleide werke te maak, te gemaak het, of te skep, en om u Terugvoer te gebruik, bekend te maak en te kommersialiseer op enige manier en vir enige doel. U mag nie Terugvoer gee wat onderhewig is aan ’n lisensie wat vereis dat Microsoft die sagteware, tegnologieë of dokumentasie daarvan aan enige derdeparty lisensieer nie, aangesien Microsoft u Terugvoer daarby insluit.
Kennisgewings en prosedure om eise vir skending van intellektuele eiendom in te dien. Microsoft respekteer derdepartye se regte op intellektuele eiendom. Indien u kennis wil gee van intellektuele eiendomsinbraak, insluitend eise van kopiereginbraak, gebruik ons indieningsprosedures Kennis van Inbraak (http://approjects.co.za/?big=en-us/legal/intellectualproperty/infringement) waarvan die prosedures deel van hierdie Terme is. SLEGS NAVRAE WAT RELEVANT TOT HIERDIE PROSEDURE IS, SAL ’N REAKSIE ONTVANG.
Microsoft gebruik die prosesse wat in Titel 17, Verenigde State Kode, Artikel 512, en waar toepaslik, in Hoofstuk III van Regulasie (EU) 2022/2065 uiteengesit is, om op kennisgewings van kopieregskending te reageer. Onder toepaslike omstandighede kan Microsoft moontlik ook Microsoft-dienstegebruikers wat herhaaldelik oortree se rekenings sper of sluit. Verder, onder toepaslike omstandighede, mag Microsoft die kennisgewingsprosessering opskort wat deur individue of entiteite ingedien is wat gereeld ongegronde kennisgewings indien. ´n Verdere verduideliking van die toepaslike prosedures vir ´n gegewe Diens, insluitend moontlike regstelling vir besluite wat deur Microsoft as deel van hierdie prosedures geneem is, mag by Kennisgewings van Inbraak (http://approjects.co.za/?big=legal/intellectualproperty/infringement) gevind word.
Kennisgewings en prosedures oor kwessies rakende intellektuele eiendom in reklame. Raadpleeg asseblief ons Riglyne oor Intellektuele Eiendom (https://go.microsoft.com/fwlink/?LinkId=243207) aangaande kwessies rakende intellektuele eiendom op ons reklamenetwerk.
Kopiereg- en handelsmerkkennisgewings. Die Dienste verkeer onder kopiereg © Microsoft Corporation en/of sy verskaffers, One Microsoft Way, Redmond, WA 98052, VSA. Alle regte voorbehou. Die bepalings sluit Microsoft se Handelsmerk- en Handelsnaamriglyne (http://approjects.co.za/?big=en-us/legal/intellectualproperty/trademarks/usage/general.aspx) in (soos van tyd tot tyd gewysig). Microsoft en die name, logo’s en ikone van alle Microsoft-produkte, -sagteware en -dienste kan ongeregistreerde of geregistreerde handelsmerke van die Microsoft-maatskappyegroep in die VSA en/of ander jurisdiksies wees. Die volgende is ’n nieomvattende lys van Microsoft se handelsmerke by http://approjects.co.za/?big=en-us/legal/intellectualproperty/trademarks/EN-US.aspx. Die name van werklike maatskappye en produkte kan die handelsmerke van hul onderskeie eienaars wees. Enige regte wat nie uitdruklik in hierdie Bepalings toegeken word nie, word voorbehou. Sekere sagteware wat in sekere Microsoft-webwerfbedieners gebruik word, is gedeeltelik op die werk van die onafhanklike JPEG-groep gebaseer. Kopiereg © 1991-1996 Thomas G. Lane. Alle regte voorbehou. “gnuplot”-sagteware wat in sekere Microsoft-webwerfbedieners gebruik word, is onder kopiereg © 1986-1993 Thomas Williams, Colin Kelley. Alle regte voorbehou.
Mediese kennisgewing. Microsoft verskaf nie mediese of enige ander gesondheidsorgadvies, -diagnose of -behandeling nie. Raadpleeg altyd u geneesheer of ander gekwalifiseerde gesondheidsorgverskaffer oor enige vrae wat u oor 'n mediese toestand, dieet, fiksheid of welstandprogam wil vra. Moet nooit professionele mediese raad ignoreer, of versuim om dit in te win op sterkte van inligting wat u op of deur die Dienste verkry het nie.
Aandelekwotasies en -indeksdata (insluitend indekswaardes). Finansiële inligting wat deur die Dienste verskaf word is slegs vir u persoonlike, niekommersiële gebruik. U mag nie enige van die finansiële data of merke van 'n lisensiegewer van derdepartye gebruik nie in verband met die uitgifte, skepping, borgskap, verhandeling, bemarking of promosie van enige finansiële instrumente of beleggingsprodukte (byvoorbeeld, indekse, afgeleide instrumente, gestruktureerde produkte, beleggingsfondse, beursverhandelde fondse, beleggingsportefeuljes, ens., waar die prys, opbrengs en/of prestasie van die instrument of beleggingsproduk gebaseer is op, verwant is aan, of bedoel is om enige van die finansiële data op te spoor) sonder 'n aparte skriftelike ooreenkoms met die derdeparty-lisensiegewer.
Finansiële kennisgewing. Microsoft is nie 'n makelaar/handelaar of geregistreerde beleggingsadviseur ingevolge die Verenigde State se wetgewing op federale effekte of effektewetgewing van ander jurisdiksies nie, en gee nie aan individue raad oor die raadsaamheid van belegging in, of die aankoop of verkoop van effekte of ander finansiële produkte of dienste nie. Niks wat in die Dienste staan, is 'n aanbod of 'n uitnodiging om enige effekte te koop of verkoop nie. Nie Microsoft of sy lisensiegewers van aandelekwotasies of indeksdata onderskryf of beveel enige spesifieke finansiële produkte of dienste aan nie. Geen inhoud in die Dienste is daarop gemik om professionele advies te wees nie, waaronder sonder beperking beleggings- of belastingadvies.
Kennisgewing oor die H.264/AVC en VC-1 Video Standaarde. Die sagteware mag H.264/AVC en/of VC-1 kodek tegnologie insluit wat deur MPEG LA, L.L.C. gelisensieerd is. Hierdie tegnologie is 'n formaat vir datakompressie of video-inligting. MPEG LA, L.L.C. vereis hierdie kennisgewing:
HIERDIE PRODUK IS GELISENSIEëRD ONDER DIE H.264/AVC EN DIE VC-1 PATENTEPORTEFEULJELISENSIE VIR DIE PERSOONLIKE EN NIE-KOMMERSIëLE GEBRUIK VAN 'N VERBRUIKER OM (A) VIDEO IN OOREENSTEMMING MET DIE STANDAARDE ("VIDEO STANDAARDE") TE ENKODEER EN/OF/ (B) ONTSYFER H.264/AVC, MPEG-4 VISUELE, EN VC-1 VIDEO WAT GEëNKODEER IS DEUR 'N VERBRUIKER WAT IN 'N PERSOONLIKE EN NIE-KOMMERSIëLE AKTIWITEIT EN/OF IS BEKOM VAN 'N VIDEO VOORSIENER WAT GELISENSIEëRD IS OM SULKE VIDEOS TE VERSKAF. GEEN LISENSIE IS TOEGESTAAN OF SAL GEÏMPLISEER WORD VIR ENIGE ANDER GEBRUIK NIE. BYKOMENDE INLIGTING KAN VAN MPEG LA, L.L.C. VERKRY WORD. RAADPLEEG DIE MPEG LA-WEBWERF (https://www.mpegla.com).
Slegs ter verduideliking, hierdie kennisgewing beperk of inhibeer nie die gebruik van die sagteware wat ingevolge hierdie Bepalings verskaf word vir normale sakegebruike wat vir daardie besigheid self is nie, wat nie die volgende insluit nie: (i) herverspreiding van die sagteware na derdepartye, of (ii) die skep van materiaal met die tegnologieë wat aan die VIDEOSTANDAARDE voldoen vir herverspreiding aan derdepartye.
Kennisgewing oor die H.265/HEVC Videostandaard. Die sagteware mag H.265/HEVC enkoderingstegnologie insluit. Vooruittoegang LLC vereis hierdie kennisgewing:
INDIEN DIT INGESLUIT IS, IS DIE H.265/HEVC TEGNOLOGIE IN HIERDIE SAGTEWARE GEDEK DEUR EEN OF MEER VAN DIE EISE VAN DIE HEVC PATENTE WAT GELYS IS IN: PATENTLIST.ACCESSADVANCE.COM. AFHANGEND VAN HOE U DIE SAGTEWARE BEKOM HET, MAG DIE PRODUK GELISENSIEëRD WEES ONDER DIE HEVC VOORUIT-PATENTEPORTEFEULJE.
Indien hierdie sagteware geïnstalleer is op 'n Microsoft-toestel, kan addisionele lisensiëringsinformasie verkry word by: aka.ms/HEVCVirtualPatentMarking.
STANDAARDLISENSIEBEPALINGS VIR TOEPASSINGS
MICROSOFT STORE, MICROSOFT STORE OP WINDOWS, EN MICROSOFT STORE OP XBOX
Hierdie lisensiebepalings is 'n ooreenkoms tussen u en die toepassinguitgewer. Lees dit asseblief. Dit geld vir die sagtewaretoepassings wat u aflaai vanaf die Microsoft-winkel, die Microsoft-winkel op Windows of die Microsoft-winkel op Xbox (waarna daar in hierdie lisensiebepalings as die "Winkel"), insluitend enige bywerkings of aanvullings vir die toepassing, tensy die toepassing met aparte bepalings uitgereik word, in welke geval daardie bepalings geld.
DEUR DIE TOEPASSING AF TE LAAI OF TE GEBRUIK, OF DEUR TE POOG OM DIT TE DOEN, AANVAAR U HIERDIE BEPALINGS. AS U DIT NIE AANVAAR NIE, HET U GEEN REG OM DIE TOEPASSING AF TE LAAI OF TE GEBRUIK NIE, EN MOET U DIT NIE DOEN NIE.
Die toepassinguitgewer beteken die entiteit wat die toepassing aan u lisensieer, soos in die Winkel geïdentifiseer.
As u aan hierdie lisensiebepalings voldoen, het u die regte hieronder.
Hierdie beperking geld vir:
Dit is ook van toepassing selfs as:
Die volgende produkte, toepassings en toestelle word deur die Microsoft-dienste-ooreenkoms gedek, maar is dalk nie in u mark beskikbaar nie.